Berlynse Domkerk

Berlynse Domkerk
Die Berlynse Domkerk, soos gesien vanuit die Lustgarten-park, kort voor sononder
Die Berlynse Domkerk, soos gesien vanuit die Lustgarten-park, kort voor sononder
Denominasie  Evangeliese Kerk in Duitsland
Huidige predikant(e)  Michael Kösling, Petra Zimmermann, Thomas C. Müller, Birte Biebuyck
Belydende lidmate  1800[1]
Adres Oberpfarr- und Domkirche zu Berlin, Am Lustgarten, 10178 Berlin (Mitte)

Die Berlynse Domkerk (Duits amptelik: Oberpfarr- und Domkirche zu Berlin, in die omgangstaal meestal Berliner Dom genoem) is 'n Evangelies-Lutherse kerkgebou op die noordelike gedeelte van die Spree-eiland (wat hier Museumeiland genoem word) in die administratiewe distrik Mitte van Berlyn.

Die domkerk, wat tussen 1894 en 1905 volgens ontwerpe van Julius Raschdorff in die Italiaanse Hoogrenaissance- en Barokboustyl opgerig is, behoort tot die vernaamste Protestantse kerkgeboue in Duitsland en is tot monument verklaar. Die kerkgebou behels die sentrale preekkerk onderaan die koepel en die doop- en troukerk. Die hoofportaal is by die Lustgarten-park geleë. In die grafkelder is talle lede van die Huis van Hohenzollern ter ruste gelê.

Die Berlynse Domkerk, wat deel uitmaak van die Unie van Evangeliese Kerke (UEK), vervul 'n besondere funksie binne die Evangeliese Kerk van Duitsland ('n geünieerde kerk waarin Lutherse en Calvinisties-Gereformeerde kerke en gemeentes saamgesmelt het). So vind hier onder meer plegtige kerkdienste van nasionale belang of ander belangrike politieke herdenkings van die Bondsrepubliek Duitsland plaas. Die Domkerk se gemeente tel sowat 1 700 lede.[2] As sogenaamde personele gemeente staan dit oop vir alle gedoopte Evangelies-Lutherse Christene wat in Berlyn en omgewing woonagtig is en aansoek doen om lidmaatskap.[3]

  1. (de) Reinhard Bingener: Leuchtturm der Sendungsbewussten, In: Frankfurter Allgemeine Zeitung, 29 Oktober 2020
  2. (de) Berliner Dom: Unsere Gemeinde – Über uns. Besoek op 19 September 2020
  3. (de) Berliner Dom: Unsere Gemeinde – Über uns. Besoek op 20 November 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search